Modulekode | SOC 762 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie module fokus op die verhouding tussen die persoonlike en die sosiale en hoe hierdie twee domeine tot so ’n mate verweef is dat ons tegelykertyd van eenselwigheid en differensiasie in die proses van identifikasie praat. Die module ondersoek die wyses waarop samelewingstrukture en -instellings identiteite histories vorm en konstrueer, terwyl sodanige instellings tegelykertyd deur individuele agentskap gevorm word. Menslike ervaring dui op ’n breë stel oorskreidende verbondenhede en ’n veelvuldigheid van behorendheid, wat identiteit as ’n dinamiese en verbandhoudende proses, eerder as ’n essensie konstateer. Die sosiale, voorwaardelike en gekonstrueerde aard van identiteite word beklemtoon teen die agtergrond van ’n ervaring van dislokasie binne die konteks van globalisering.
|
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week, 1 seminaar per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Sosiologie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App